CLASSIC CLASH: JF VS SENTRAAL

0
3314
Mark Steenbok

‘n Massiewe rugbywedstryd wag die komende naweek wanneer die Hoërskool Jim Fouché en Hoërskool Sentraal se onderskeie eerste rugbyspanne sal kragte meet.

Die Classic Clash wat al sedert 2009 tussen die twee skole plaasvind, is altyd ‘n groot hoogtepunt op beide se skoolkalenders. Jaco Kotze die rugbyhoof van Jim Fouce’ stem honderd present saam.

“Ja-nee dis altyd ‘n hoogtepunt vir ons rugby. Omdat dit op ons tuisveld is, is dit rerig ‘n groot-groot wedstyd vir ons”, sê Kotze

JF het die laaste twee wedstryde tussen die skole gewen. Verlede jaar het JF met 26-21 geseëvier op en Kotze het verder genoem dat hulle oorgehaal is om die trofee hierdie jaar in Jim Fouche se trofeekas uit te stal.

“JF word geken vir goeie hardlooprugby. Ons het die afgelope twee jaar gewen, en ons sal verseker geïnspireerd wees om die trofee te behou”.

Beide spanne word tans deur ‘n paar beserings getuister, maar dit sal geensins ‘n effek het op die spanne wanneer hulle Satermiddag met hart en siel op die veld draf nie.

Die gevaarlik skrumskakel Tiaan Priller van JF sal die wedstryd misloop. Hy is een van die spelers op die krukkelys.

Terwyl die bloktruie sonder die dienste van hul kaptein Kobus Lombard moet klaarkom weens harsingskudding, terwyl die senter Dirk Cilliers ook die wedstryd sal misloop weens ‘n rugbesering.

Jorie Grobbelaar, die rugbyhoof van die Tralies, het aan Courant vertel dat hulle graag hul gewone spelpatroon wil handhaaf die komende naweek.

“Ja, ons speel maar ons gewone spelstyl en die sukses daarvan sal neerkom op die uitvoering daarvan,” sê Grobelaar.

Die wedstryd op die Piet du Plooy-sportterrein skop omstreeks 15:15 af.

Wat die kapteine gesê dit:

“Tralies sal moet reg wees” – Hanno Spies (Jim Fouche).
“Ons sal die naweek die ekstra myl gaan” – SJ Fourie (Sentraal).

Weer:
23°C 5°C

Spanne (verskaf deur afrigters):

Jim Fouché ITEC              1ste XV Sentraal ITEC 1ste XV

Marco Coetzer                   1               Willem van Niekerk
Werner Stoffberg              2               Edik du Plooy
Anton Noordman              3               Willie vd Merwe
Ian Trollip                           4               Ruan vd Walt
Victor Botes                        5               Roan vd Westhuizen
Jarrod van Wyk                  6               EP Nel
Anton Jacobs                     7               Hennie Terblance
Hanno Spies (kaptein)     8               Roeche Roelofse
  Poena Pretorius               9              Stefano Ekkerd
Tiaan Schutte                    10             Timmy Robertson
Sheldon Jansen 11          11             Jan le Roux
Kosie Brand 12                 12              Denzil Fiff
Vandre Rolls 13                13             Tumi Khukhele
Wian Meyer 14                  14              Diederick Pretorius
Myles Woolley 15             15              SJ Fourie (kaptein)
Eric Azar 16                       16              Abe Bothma
Danie Klinck 17               17             Jeremy Koen
Reino Coetsee 18          18              Trienko Lups
Jan-Louis du Plessis    19               Rocco Willemse
Stefan Coetzer                20               Mattys Theron
Herold Schreuder           21              Christiaan Geyer
Willie van den Berg        22               Theunis la Grange
Jaques Mulder