E Copy

Date:

Christine kán fluitjie blaas

 RUFUS BOTHA

Ontmoet jy die mooi blondekop Christine Fourie, graad 11-leerling van die Hoërskool Jim Fouché, dink jy onmiddellik aan ‘n porseleinpoppie wat maklik kan breek.

Fourie het haar egter in die harde manne-wêreld van rugby begewe, en dit boonop as skeidsregter.

Fourie is tans die enigste skoolmeisie wat onder die vaandel van die Vrystaat-rugbyunie (VRU) as skeidsregter optree.

Bloemfontein Courant wou weet hoe, waar en wanneer die skeidsregtergogga haar gebyt het: "Ek kyk al baie jare lank rugby saam met my pa. Eendag het ons aan die gesels raak oor die vergoeding wat die spelers kry vir wedstryde. Ek wou toe weet of die skeidregters ook betaal word. My pa se antwoord was dat skeidsregters wel iets verdien, maar hy weet nie hoeveel nie.

"Skeidsregters het my gefassineer en ek wou weet of daar vroue-skeidsregters is. My pa het gesê hy weet net van Maralise Jordaan". Toe Fourie vir haar pa sê sy wil ook skeidsregter word het hy net gelag. Hy het egter gesien dié meisiekind is ernstig en gesê sy moet by Jaco Kotzé, biokinetikus (en ook ‘n skeidsregter), gaan kersopsteek.

"Ek glo dit was ‘n bestiering van Bo, want toe ek met Jaco gepraat het, het hy my genooi vir ‘n skeidsregtersvergadering daardie selfde aand," vertel Fourie.

Dinge het hierna vinnig verloop en aan die einde van haar graad 9-jaar het sy ‘n skeidregterskursus geslaag. Sy het in graad 10 diens gedoen as lynregter en onthou goed dat sy in aksie was in ‘n wedstryd tussen Grey-kollege en die Afrikaans Hoërskool Pretoria (Affies). "Die toeskouers was nogal intimiderend."

Sy het tydens ‘n ontwikkeling-sewes-toernooi sewe wedstryde per dag hanteer.

Fourie se vuurdoop was toe Grey en Waterkloof se o.15B-span koppe gestamp het. Die voorsitter van die VRU se skeidsregtersvereniging, Albert Mocke, was daar om haar te evalueer. "Hy het gesê ek toon goeie vordering en dit het my baie gemotiveer."

Sy vertel haar lekkerste wedstryd was tussen Jim Fouché en Sentraal se o.15B-spanne, veral nadat ‘n ouer van Sentraal haar na die tyd gelukgewens het met die wyse waarop sy die wedstryd hanteer en laat vloei het.

En haar grootste teleurstelling tot dusver? "Dit was toe ‘n afrigter van ‘n gesogte skool na ‘n wedstryd vir my pa gesê het die ‘ding kan nie blaas nie’". Ná sulke kritiek, reageer sy: "As jy op ‘n perd klim en hy gooi jou af, dan ry jy hom dadelik weer."

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Government launches campaign to combat child and teenage pregnancy

The Free State Provincial Government is taking decisive action...

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...