CHOC trek voordeel uit sakeontbyt

0
423
Retha van Eyssen, streekskoördineerder: Vrystaat. FOTO: SEITHATI SEMENOKANE

As deel van Bloemfontein Courant se verjaardagvieringe en om terselfdertyd plaaslike ondernemings te ondersteun, word ‘n sake-ontbyt, Courant se Business Breakfast, geborg deur Standard Bank, aangebied by Memories 4 Ever op 8 Augustus 2019.
60 persent van die inkomste uit hierdie ontbyt gaan na die CHOC Childhood Cancer Foundation in Bloemfontein.

“Gebaseer op die feit dat ons verlede jaar Albé Grobbelaar se boek gepubliseer het, is besluit om aan elke persoon wat die ontbyt bywoon ‘n kopie van 60 STORIES present te gee. Daar sal ook natuurlik meer van hierdie boeke te koop wees. En, soos vantevore, gaan die totale opbrengs aan CHOC,” sê Christel Basson, hoofbestuurder van Mahareng Publishing.

Geleë in Universitas, is die CHOC Childhood Cancer Foundation ‘n organisasie wat toegewyd is daartoe om aan families wat deur kanker geraak word ‘n tuiste weg van hul eie huise te bied terwyl hul geliefdes behandeling kry. Hierdie tak, onder bestuur van koërdineerder Retha van Eyssen, personeel en onbaatsugtige vrywilligers, is ‘n sentrum vir kinders van oor die Vrystaat en Noord-Kaap wat slagoffers van kanker is.

“Ons gaan die donasies vir vervoer gebruik, sodat die kinders kan huis toe gaan en weer terugkeer vir behandeling en sodoende verseker dat hulle nie die laaste afsprake misloop omdat hulle ver bly nie. Ons gebruik ook van die fondse om te betaal vir die daaglikse koste om die huishouding aan die gang te hou, sodat wanneer die kinders en hul families hier oorbly hulle ‘n warm maaltyd en ‘n warm plekkie het om te slaap. Dit maak hul bekommernis minder en hulle kan konsentreer op hul beterskap,” sê Van Eyssen.
Ywerige ondersteuner van die #LoveLocal-veldtog, Oranje Toyota, het ook R10 000 bygedra vir die geleentheid. Kaartjies vir die Business Breakfast kos R280, of R2800 vir ‘n tafel. Om plek te bespreek, skakel asseblief 051-505-0900 en vra vir Felecia of Petra.
‘n Interessante feit is dat CHOC Nasionaal hierdie jaar 40 jaar oud word, terwyl die Bloemfontein-tak 15 jaar oud word, so dit beteken opsigself mylpaal-feesvieringe oraloor. Van Eyssen sê die donasies sal help om “Meer as hoop te gee”.

Seithati Semenokane

seithati@centralmediagroup.co.za