E Copy

Date:

Cheetahs nou Bokke se voorryfabriek

GEORG VAN ECK

Die Toyota Cheetahs is besig om die Suid-Afrikaanse voorryfabriek te word. Die feit dat ses van die agt voorrymanne in Heyneke Meyer die Springbok-groep spelers met Toyota Cheetah-bande is, versag ietwat die seer van die tweede nederlaag met minder as sewe punte teen die Bulle die seisoen in Superrugby vir hulle. Dit was so byna of die kragtige skrumwerk van die Toyota Cheetahs en flair van sy spelers op die aanval het die knoop vir hulle deurgehak. Adriaan Strauss en sy trop het net ’n belangrike bonuspunt verdien, maar die sege waarna hulle naarstigtelik gesoek het, het hulle weer ontwyk. Lof aan Oos du Randt en Naka Drotské, albei Bok-voorrymanne, in Cheetahs se afrigtingspan.

Met die twee voorste rugbyspanne van Suid-Afrika in Superrugby vanjaar slaags, moes die vonke spat en dit het. Vanuit die staanspoor tot aan die einde was dit ’n fisieke, taktiese stryd waar opwinding nooit ontbreek het nie. Die Bulle het die tuisspan in die Vrystaat-stadion aanvanklik met hul aanslag verras. Die fisieke aanslag was te wagte, maar nie die bereidwilligheid om die bal wyd te speel en van hul snellers, JJ Engelbrecht, Björn Basson en Jürgen Visser, in te span nie. Die rustydtelling van 17-10 in die Bulle se guns was verdiend en die Cheetahs moes terugveg, iets wat hulle reggekry het met kragtige skrumwerk deur Coenie Oosthuizen, Strauss, Lourens Adriaanse en later Trevor Nyakane, rotsvaste verdediging en vurige inklimspel deur veral die losvoorspelers, Lappies Labuschagné, Philip van der Walt en Heinrich Brüssow.

Ongelukkig het die Cheetahs toe in ’n skopstryd met die Bulle betrokke geraak. ’n Stryd wat hulle nie kon wen nie. Nie omdat hulle soveel swakker as die Bulle se skopkoning, Morné Steyn, Francois Hougaard of Jurgen Visser, skop nie, maar omdat die Bulle se snellers skoppe uitstekend opvolg en die besoekers se rankers, Juandré Kruger, Flip van der Merwe en Pierre Spies, die oorhand in die lynstane gehad het. Van die lynstane kon die Bulle bykans onstuitbare dryfmaalbewegings op tou sit om op die voorvoet te kom.
En die Bulle op die voorvoet is dodelik. Eers toe die Cheetahs die bal lug begin gee en hul eie rugby begin speel het kon Willie le Roux sy stempel saam met Riaan Smit, Robert Ebersohn en Johann Sadie afgedruk en toe moes die Bulle skarrel en walgooi.
Die groot skare in die Vrystaat-stadion en ses Cheetahs in die Bok-groep is die Toyota Cheetahs se beloning en ’n maand se ruskans vir meeste spelers is net die regte medisyne voor die finale aanslag.

Punte:
Bulle 30 (17). Drieë: Deon Stegmann, Werner Kruger, Jano Vermaak. Doel: Morné Steyn (3). Straf: Steyn (3). Toyota Cheetahs 25 (10). Drieë: Willie le Roux, Riaan Smit, Trevor Nyakane. Doel: Riaan Smit (2). Straf: Smit (2).
Ander uitslae: Stormers 19 Kings 11; Crusaders 23 Waratahs 22; Highlanders 38 Blues 28; Brumbies 30 Hurricanes 23; Reds 33 Rebels 20.
georg@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...

Cheetahs eye redemption in SA Cup semi-final

The Toyota Cheetahs have their sights firmly set on...