E Copy

Date:

Cheetahs kies vars bene vir Waratahs-stryd

Die Toyota Cheetahs-breier, Franco Smith, het drastiese veranderinge aan sy begin-vyftiental gemaak vir hul Superrugby-kragmeting teen die Waratahs.

Onder die voorspelers het Smith met die snoeiskêr ingeklim en nie minder nie as ses veranderinge aan die pak gemaak.

Ox Nche, Elandré Huggett, Luan de Bruin, Francois Uys, Willie Britz en Oupa Mohoje is almal in die beginspan, terwyl Torsten van Jaarsveld, Charles Marais, Maks van Dyk, Lood de Jager en Uzair Cassiem almal na die plaasvervangerbank skuif.

Agterlangs vervang Tian Meyer vir Shaun Venter op skrumskakel, terwyl Fred Zeilinga die nommer 10-trui behou.

Kaptein Francois Venter is ook terug nadat hy volkome herstel het van sy kuitbesering.

Smith het vanuit Sydney aan OFM-sport gesê ná hul 30–17 nederlaag is dit belangrik om ‘n paar vars bene in te bring.

“Lood (de Jager) was baie uitgeput ná die Reds-wedstryd, baie gedehidreer. Die humiditeit was verskriklik hoog gewees.

“Dit gaan vir ons belangrik wees om vir hom, Torsten (van Jaarsveld), Maks (van Dyk) en Charles (Marais) in die tweede helfte van die wedstryd te sien.

“Uzair Cassiem het nog in al die wedstryde begin, so dis belangrik dat Oupa (Mohoje) ‘n geleentheid kry om te begin en ek hoop hulle bring almal bietjie nuwe energie.

“Ons gaan van nou af kompeterend wees met 54 kwaliteit rugbyspelers. Ons is in daardie proses en ons moet daarby hou.”

Saterdagoggend se kragmeting tussen die Waratahs en Cheetahs by die Allianz-stadion skop om 11:45 af.

Toyota Cheetahs – 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Nico Lee, 12 Francois Venter (kaptein), 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Tian Meyer, 8 Henco Venter, 7 Oupa Mohoje, 6 Willie Britz, 5 Francois Uys, 4 Carl Wegner, 3 Luan de Bruin, 2 Elandré Huggett, 1 Ox Nche.

Plaasvervangers – 16 Torsten van Jaarsveld, 17 Charles Marais, 18 Maks van Dyk, 19 Lood de Jager, 20 Uzair Cassiem, 21 Shaun Venter, 22 Niel Marais, 23 Michael van der Spuy.

Waratahs – 15 Andrew Kellaway, 14 Reece Robinson, 13 Israel Folau, 12 Kurtley Beale, 11 Rob Horne, 10 Bernard Foley, 9 Nick Phipps, 8 Jed Holloway, 7 Michael Hooper (kaptein), 6 Dean Mumm, 5 Will Skelton, 4 David Dennis, 3 Tom Robertson, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 Paddy Ryan.

Plaasvervangers – 16 Hugh Roach, 17 Jeremy Tilse, 18 Angus Taavao, 19 Sam Lousi, 20 Wycliff Palu, 21 Matt Lucas, 22 David Horwitz, 23 Matt Carraro. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Celebrate Human Rights Day at Oliewenhuis Art Museum in Bloemfontein

Oliewenhuis Art Museum invites the public to celebrate Human...

Boikhuco Old Age Home to host fundraising gala dinner in Mangaung

The Mangaung Society for the Care of the Aged...

Planned power interruptions in the city from 25-27 March

Residents from various areas in the Mangaung Metropolitan Municipality...

Making the most of your bonus this bonus season

While December is known for South Africa’s traditional 13th...