E Copy

Date:

Cheetahs ken meeste spanne in Europa-groepfase

Die Toyota Cheetahs se verdediging van hul Curriebeker-titel sal die naweek in Bloemfontein afskop wanneer hulle teen die Griffons in Bloemfontein te staan kom.

Die Perses sal ’n moeilike teenstander wees in dié Vrystaat-buurstryd, maar die kampioene het ekstra motivering vir hul veldtog nadat hulle Dinsdag uitgevind het teen wie hulle te staan sal kom in die Europese Uitdaagbeker later vanjaar.

Onlangs is bevestig dat die Cheetahs vir die volgende twee jaar in die Europese toernooi sal meeding, en dit stel hulle in staat om spelers te kontrakteer. Dit is ook iets om na uit te sien.

Dinsdag is die loting vir die toernooi gedoen en die Cheetahs is in Groep 1. Die Cheetahs het ’n goeie loting vir die toernooi en hulle is in ’n groep saam met Cardiff (Wallis) Connacht (Ierland), Lyon (Frankryk), Perpignan (Frankryk) en Zebre (Italië). Die bepalings is egter nog nie bekend nie, maar die Cheetahs sal meeding teen vier van die vyf spanne tydens die groepfase.

Toe die Cheetahs nog in die PRO14 meegeding het, het hulle teen Cardiff, Connacht en Zebre gespeel. Hulle het ook vantevore in die Europese Uitdaagbeker teen die Italiaanse span gespeel. Die twee Franse spanne is egter onbekend vir die Cheetahs.

Die Cheetahs se breier, Izak van der Westhuizen, het aan Bloemfontein Courant gesê hoewel die fokus nou op die Curriebeker is, het dié opwindende nuus hulle nog iets gegee om na te streef.

“Ek het vanmiddag vinnig met die manne daaroor gepraat en gesê ons is almal bly dat ons weer in Europa gaan speel en ons sien daarna uit, maar vir nou is ons fokus op die Curriebeker,” sê Van der Westhuizen.

“Ons moet ons staal toon in die Curriebeker om die selfvertroue oor te dra na die Europese Uitdaagbeker so dat ons daar ook ons stemme dik kan maak.

“Ons pak een kompetisie op ’n slag, maar dit is ’n gulde geleentheid, ook om te weet dat ons vir die volgende twee jaar daar sal wees.

“Met betreking tot die kontraktering moet ons dit in ag hou, uitwerk watter tipe spelers ons nodig sal hê en daarvolgens kontrakteer.”

Die bepalings sal in ’n later stadium bekend gemaak word, maar die eerste rondte van wedstryde sal oor die naweek van 6-8 Desember 2024 beslis word. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...