E Copy

Date:

Cheetahs grom, maar moet katvoet loop vir die Kings

GEORG VAN ECK

Die Toyota Cheetahs grom nou saam met die voorste spanne in Superrugby, maar dit is juis nou dat Adriaan Strauss en sy trop katvoet moet loop. Die sege teen die Sharks in die Haaitenk in nat, moeilike speeltoestande was welverdiend en dra by om 2013 die suksesvolste superseisoen nog vir die Cheetahs te maak. Daarom kan hulle nie bekostig om enigsins gerus te raak wanneer hulle die Kings Saterdag in die Vrystaat-stadion om 19:10 voor hul eie mense pak nie.

Die Kings het reeds vriend en vyand (en van laasgenoemde is daar baie), verras met hul harde en positiewe spel. Die besoekers uit die Baai gee wedstryd na wedstryd hul alles en die Cheetahs kan dus ’n verwoede aanslag verwag.  Voorspelers soos Schalk Ferreira, Bandise Maku, Steven Sykes en Cornell du Preez gaan die pap dik aanmaak en met agterspelers van die gehalte van Andries Strauss, wat die Cheetahs se spel baie goed ken, asook Waylon Murray, George Whitehead en Marcello Sampson, kan die besoekers nie onderskat word nie.

Oortredings binne trefafstand gaan ook deur die Kings se losskakel, Demetri Catrakilis, in punte omskep word. Gelukkig het die Bulle gewys hoe die Kings getem moet word met hul bonuspunt-sege in die Baai. In die Haaitenk het die Cheetah-kaptein, Strauss, weer gewys dat hy nie sy gelyke as haker in die land het nie. Hy vermag dié uithalerspel week na week danksy die ondersteuning van sy spanmaats. Van loskopstut, Coenie Oosthuizen, tot die agtsteman, Philip van der Walt, asook Lourens Adriaanse, Lood de Jager, Francois Uys en veral Heinrich Brussöw en Lappies Labuschagne, laat hulle hul deeglik geld.

Agter verseker die verdediging en ondernemende spel van die Cheetahs dat hulle nou sesde op die algehele Superrugby-puntelys is. Die spel van Willie le Roux, Piet van Zyl, Robert Ebersohn en al die ander agterspelers het alles bygedra tot die oorwinning van 12-6 in Durban. Le Roux is weer as die Speler van die Wedstryd aangewys, maar die vlymskerp spelskepper sal eerste wees om te erken dat hy dit nie sonder sy Cheetah-maats sou kon regkry nie. Punte: Toyota Cheetahs 12 (7). Drieë: Raymond Rhule, Willie le Roux. Doel: Burton Francis. Sharks 6 (3). Straf: Pat Lambie (2). Ander uitslae: Reds 19 Brumbies 19; Crusaders 24 Highlanders 8; Bulle 34 Kings 0; Waratahs 25 Chiefs 20; Hurricanes 22 Force 16.

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...