MARICELLE BOTHA
Die Toyota Vrystaat Cheetahs het vandag hul betrokkenheid by die gemeenskap vasgelê in ‘n meesterstuk, waarop selfs Picasso jaloers sou wees. Spelers en ander betrokkenes het hul kreatiwiteit in ‘n muurskildery uitgeleef by Bloemfontein se Ons Kinderhuis, een van Engo se kinderhuise waar die muurskildery gaste voortaan by die hek sal verwelkom. Die Cheetahs se hoof- uitvoerende beampte, Harold Verster, sê hulle het Engo aangeneem as een van hul hoof-liefdadigheidsprojekte vir die jaar en sal die organisiasie finansieel en andersins ondersteun.
Hy se dat die spelers ywerig is om hul betrokkenheid te toon. "DIe manne is gereed met hul verfkwaste en dit is lekker om betrokke te wees."
Engo is ‘n liefdadigheidsorganisasie met 33 kinderhuise in die Vrystaat, 23 tehuise vir ouer persone sowel as sowat 12 tehuise vir gestremdes.