E Copy

Date:

Cheetah – sege, maar bonuspunt kan spook

GEORG VAN ECK

Die sewende Superrugby-sege is in die sakkie vir die Toyota Cheetahs toe die die span van Adriaan Strauss ’n sege van 26-12 oor die Kings in die Vrystaat-stadion behaal het. Vir baie sou dit genoeg gewees het, maar die feit dat die Cheetahs nie ’n bonuspunt-oorwinning met vier drieë behaal het nie, kan vorentoe nog by hulle spook. Dit is egter ook ’n feit dat die loslootjie die komende naweek nie op ’n beter tydstip as juis nou kon kom nie. Strauss en sy trop Cheetahs is ná tien weke van uitputtende Superrugby vodde – die beserings Saterdag van twee van hul sterre, Lappies Labuschagne en Lood de Jager, getuig daarvan.

Labuschagne ondergaan die week ’n skandering om vas te stel hoe ernstig sy elmboogbesering is, terwyl die vurige jong De Jager se kniebesering blykbaar nie ernstig is nie. Twee weke se rus kan hulle betyds laat herstel vir die volgende aanslag van die omgekrapte Hurricanes op Vrydag 10 Mei om 19:10 in die Vrystaat-stadion. Kenners beskou Labuschagne as uiters ongelukkig om nie in Heyneke Meyer se Springbok-oefengroep te wees nie en as hy nie kan speel nie, gaan dit ‘n geweldige terugslag wees juis omdat hy nie net as verdediger, lynstaanranker en baldraer uitblink nie, maar ook omdat hy uitstekend met Heinrich Brüssow en Philip van der Walt as lostrio kombineer.

Daar kan wel op Frans Viljoen en Boom Prinsloo se nommers gedruk word om die leemte te vul, maar nie een van hulle blink in soveel afdelings van die spel uit nie. De Jager laat dalk net so ’n groot leemte. Hy is lank en ’n uitstekende springer in die lynstaan. Daarby het hy die fisieke teenwoordigheid van ’n ware nommer vier-slot. Ligtoring Landman kan vir hom instaan, of as die nood groot is, kan Waltie Vermeulen weer nader geroep word. Soos verwag was die kragmeting teen die Kings baie fisiek en het die Cheetahs teen die besoekers se klipharde verdediging net drie drieë gedruk. Die feit dat hulle nog driekeer oor die Kings se doellyn was getuig van die doelgerigtheid waarmee hulle gespeel het. Die hele agttal, met Coenie Oosthuizen in sy 50ste Superwedstryd vir die Cheetahs aan die spits, tot by Hennie Daniller op heelagter, het veral bygedra tot die sege. Willie le Roux wat hier, daar en oral opgeduik het om die onvoorspelbare te doen, was uitstekend.

Tog wou die Cheetah-masjien nie altyd op al sy silinders vuur nie, hoofsaaklik omdat van die spelers tam is. Oor twee weke behoort die Toyota Cheetahs egter ’n finale aanslag in die pylvak te maak vir ’n plek in die uitspeelrondes. Die Toyota Cheetahs (31 punte) beklee die tweede plek op die Suid-Afrikaanse Konferensie se puntelys – net een punt agter die Bulle. Die komende naweek kry hulle nog vier punte by. Strauss gaan dit nodig hê, want die aanslag van die Hurricanes, Reds, Bulle, Kings en Stormers wag.
Punte: Toyota Cheetahs 26 (15). Drieë: Raymond Rhule, Lappies Labuschagne, Willie le Roux. Doel: Burton Francis. Straf: Francis (3). Kings 12 (9). Straf: Demetri Catrakilis (3).
Ander uitslae: Crusaders 30 Rebels 26; Bulle 30 Waratahs 19; Brumbies 41 Force 7; Chiefs 37 Sharks 29; Reds 12 Blues 11.

Share post:

Popular

More like this
Related

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...

Cheetahs eye redemption in SA Cup semi-final

The Toyota Cheetahs have their sights firmly set on...