Chanté wen agt nasionale titels in die Kaap

0
622
Die 15-jarige Chanté Olivier het 13 nasionale titels gewen in 2018, insluitende die nasionle jeugbergfi etsveldrentitel (XCO) by Happy Valley in Bloemfontein, asook agt titels tydens die 2018-Suid-Afrikaanse Baanfi etsry-kampioenskap by die Bellville Velodrome in die Kaap. FOTO: MORGAN PIEK

Die tiener van Bloemfontein, Chanté Olivier, het haar besige jaar op die bes moontlike wyse afgesluit nadat sy verlede week by die Bellville Veldodrome nog agt nasionale titles ingepalm het tydens die 2018-SuidAfrikaanse Baanfietsry-kampioenskap.

Olivier het vir agt items ingeskryf en in elkeen van hulle met ‘n goue medalje weggestap.
Dié fi estryer het in albei die o.17-enkelagtervolgingswedren en die spanagtervolgingswedren vir meisies haar stem ordentlik dik gemaak om in dié items ‘n
goue medalje te wen. Sy het ook die Puntewedren gewen.

Dié leerder van die Hoërskool Sentraal het ook ligte werk van die Naelry, Voorgeewedren, die Spannaelrit, die 1500m-naelrit en die Tydtoets gemaak.

Haar skittervertoning in die Kaap beteken dat sy in 2018 nie minder as 13 nasionale titels verower het nie. Vroeër dié jaar het sy die nasionale padfi etstydtoets in Oudtshoorn gewen, en in Julie het sy die nasionale jeugbergfi etsveldrentitel (XCO)-titel by Happy Valley in Bloemfontein gewen tydens die Suid-Afrikaanse bergfi etsveldrenkampioenskap.

Die 15-jarige het ook in Italië en Switserland haar talente op die bergfiets ingespan en met bronsmedaljes in die Proffix Swiss Bike Cup in Rivera-Bironico, Ticino, en
tydens die Internazionali d’Italia weggestap. – MORGAN PIEK