Central SA gives “Valentines’ Blood”

0
416

Februarie-maand is simbolies van liefde en die kleur rooi. By die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) vier ons dít egter elke maand, met skenkers se onbaatsugtige daad van bloedskenking en die deel van liefde vir hul medemens. Bloedskenkers maak ? verskil in die lewe van pasiënte wie hulle nooit eers sal ontmoet nie.

Daarom moedig ons alle skenkers aan wat aan die vereistes voldoen om hierdie maand hul liefde en bloed te deel en hul daartoe te verbind om ? minimum van 4 keer in 2013 bloed te skenk. As ? blyk van waardering, ontvang skenkers wat 4 eenhede in ? kalenderjaar skenk, ? spesiale geskenk.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens Kroonstad Tak, sal ‘n spesiale Valentynsdag bloei aanbied en verwelkom al die gereelde en nuwe skenkers om bloed te skenk op Donderdag 14de Februarie by die bloedskenk sentrum by Checkers vanaf 10h00 – 18h00.
Elke skenker kan ‘n spesiale verrassing verwag en drie gelukkige paartjies staan ‘n kans om te wen met Hacienda Hotel, Arcadia Gastehuis en Lechwe Lodge.
Om ? bloedskenker te word moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16-65 wees
• Meer as 50kg weeg
• Iets voor jou skenking eet
• ? Veilige seksuele leefstyl lei
• Gesond wees op die dag van skenking
Wees ‘n held; dis in jou bloed!

Vir meer inligting, skakel:
Bronwyn Petersen
Skakelpraktisyn – Kroonstad tak
S.A Nasionale Bloeddiens
Tel: 056 212 2862 | Fax: 056 212 1777 | Cell: 082 419 147
Email:Bronwyn.petersen@sanbs.org.za | www.sanbs.org.za

Bronwyn Petersen
Public Relations Practitioner – Kroonstad Branch
South African National Blood Service
Tel: 056 212 2862 | Fax: 056 212 1777 | Cell: 082 419 1471
| email:Bronwyn.petersen@sanbs.org.za | www.sanbs.org.za