Centlec ondersoek kragonderbrekings in Bfn

0
3086

Centlec sê kragonderbrekings wat in dele van die Mangaung Metro gebied en Botshabelo die afgelope week ervaar is, het plaasgevind nadat van hulle infrastruktuur beskadig is.

Die woordvoerder vir Centlec, Lele Mamatu, het aan Courant gesê dat daar kriminele elemente betrokke is, en dat sekere individue voordeel wil trek uit die huidige staking deur werkers van die Mangaung-metro-munisipaliteit.

Werkers wat met die SA Munisipale Werkersunie geaffilieer is, staak al vir die afgelope twee weke oor salaris- en loonkwessies.

Mamatu sê hulle het reeds versoek dat sekuriteitsagentskappe die kwessie ondersoek.

Mark Steenbok- Courant Nuus