Celtic maak kinders se harte bly

0
1159
Celtic spelers, Lyle Lakay, Tshegofatso Mabaso, Shane April en Deon Hotto saam met kinders van die Saints-sokkerklub.

Saintssokkerklub het op Saterdag 23 Mei ’n afrigtingskliniek op Saints se oefenterrein gehou. Spelers van Bloemfontein Celtic het die kliniek bygewoon om kinders touwys te maak en spesiale tegnieke aan hulle oor te dra.

Harrison Schults, eienaar van die Saintssokkerklub, sê die doel van hierdie dag was om die jongmanne aan te moedig om aktief te wees en om die dissiplines te leer wat hulle eendag sal gebruik indien hulle professioneel wil sokker speel.

Die jong spelers het geleer dat sport ’n mens se lewe kan verander en hoe vroeër jy aan jou tegnieke werk en dit ontwikkel, hoe beter. Hulle het verskeie tegnieke geleer wat hulle van nou af elke dag op hul spel kan toepas.

“Die kinders was ogelooflik bly oor die geleentheid en kon nie ophou oor hul sokkerhelde, wat ook daar was, te praat nie. Hulle het saam met hul helde foto’s geneem. Ek glo dit is ’n geleentheid wat hulle nooit sal vergeet nie!”

Die Bloemfontein Celtic-sokkerspan het belowe om later vanjaar weer vir al die jong sokkerspelers van Heidedal te kom kuier. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za