E Copy

Date:

Caroline het land se stemme nodig

Caroline-Grace Brüssow het die land se stemme teen Dinsdagaand om 22:00 nodig om vir haar ‘n plek in The Voice se semi-finale te verseker.

Brüssow het oorspronklik haar sangloopbaan as danseres begin, koor gesing en was gereeld deel van die Meisiekool Eunice in Bloemfontein, se jaarlikse teaterproduksies.

Ná skool het sy Regte studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en as klerk by die Bloemfonteinse Hooggeregshof gewerk.

In 2013 het haar lewe heeltemal anders uitgedraai as wat sy verwag het. Sy is met die bekende rugbyspeler, Heinrich Brüssow getroud en toe hy Japan sy tuiste maak tydens sy rugbyloopbaan,het die twee in albei lande gewoon. Hulle het juis van Osaka af gevlieg vir die “blinde oudisies”.

Caroline-Grace het die land aan die brand begin sing en vir haar ‘n plek in The Voice verseker ná haar weergawe van Celine Dion se Landed Me Back to Life.
Daarná moes sy teen Meggan Moore sing om verder in die kompetisie te bly.

Geluk was aan haar kant en Bobby het haar gekies om deur te gaan. Sy het in die regstreekse vertoning met die liedjie, Stronger, van Kelly Clarkson, deurgedring.

Dit lyk of rugby vir 2017 vir eers opsy geskuif moet word!

Caroline het nou die land se stemme nodig om haar na die volgende ronde deur te dra.

Jy kan per SMS of deur WeChat stem. Elke persoon kan tot en met 100 keer vir sy of haar gunsteling stem. Maak seker dat jy voor Dinsdagaand 22:00 stem.

Kyk om 17:30 op Sondag 4 Junie op M-net (DStv 101) na die uitslae.

Jeretha Oosthuizen- Courant Nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

Celebrate Human Rights Day at Oliewenhuis Art Museum in Bloemfontein

Oliewenhuis Art Museum invites the public to celebrate Human...

Boikhuco Old Age Home to host fundraising gala dinner in Mangaung

The Mangaung Society for the Care of the Aged...

Planned power interruptions in the city from 25-27 March

Residents from various areas in the Mangaung Metropolitan Municipality...

Making the most of your bonus this bonus season

While December is known for South Africa’s traditional 13th...