Caroline-Grace deur na Top 8

0
2730
Credit: Mnet

Caroline-Grace Brüssow het gisteraand op nasionale televisie gehoor sy is deel van die Top 8-kandidate wat nog deel is van The Voice SA.

Sy was die kykers se keuse deurdat sy die meeste stemme gekry het, selfs van mense so ver as Japan, wat haar laat deurdring het na die volgende ronde.

Brüssow het stof in die oë geskop van Marco Basson en John James Jansen van Rensburg toe sy die laaste een was vir wie daar ‘n plek in die Top 8 was.

Sy het gisteraand die liedjie, Unconditionally, van die bekende sangeress, Katy Perry, gesing en verskeie komplimente van die beoordelaars gekry.

Lira het gesê dat Caroline sterk en pragtig is, en sommer baie talentvol ook.

Die res van die kompetisie is van nou af in die publiek se hande.

Kykers moet nou stem vir hul gunsteling, en so verseker dat hulle in die kompetisie bly. Die beoordelaars het geen verdere sê nie.

Stemme sluit op 6 Junie op 22:00.

Jy kan per SMS of via WeChat stem.

Jeretha Ooosthuizen- Courant Nuus