Caleb Motshabi-moordverdagtes in Bfn-hof

0
354
Die saak teen drie beskuldigdes in die moordverhoor van drie vermoorde mans, waarvan twee DA-lede was en een ‘n Lesotho-burger, verskyn vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof.

Die saak teen drie beskuldigdes in die moordverhoor van drie vermoorde mans, waarvan twee DA-lede was en een ‘n Lesotho-burger, verskyn vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof.

Dit kom nadat die verdagtes se borgtogaansoek noodgedwonge in Augustus vanjaar uitgestel moes word nadat die verteenwoordiger van die verdagtes versuim het op op te daag.

Dit kom nadat die lyke van Molokwane Mokgoro en die Lesotho-buitelander in ‘n veld in Caleb Motshabi in Bloemfontein in die Vrystaat gekry is. Godfrey Mbalula is later in die Pelonomi-hospitaal dood as gevolg van die wonde wat hy opgedoen het.

Inwoners, wat meestal DA-lede is, het vanoggend buite die hof gesing en gedans terwyl hulle plakkate omhoog gehou het waarin hulle die borgtogaansoek van die verdagtes veroordeel.

OFM-nuus/Elsabe Richard