Caleb Motshabi-moorde: Drie beskuldigdes in hof

0
348
Protesters PHOTO: ELSABE RICHARD
Die drie beskuldigdes wat in Caleb Motshabi in hegtenis geneem is in verband met die moord op twee DA-lede en ‘n Lesotho-burger, se formele borgtogaansoek is vir Woensdag 28 Augustus 2019 in die Bloemfonteinse landdroshof geskeduleer.

Die eerste beskuldigde, Lebusa Makhotla, en sy twee mede-beskuldigdes, wat ‘n vrou insluit, is in Julie in hegtenis geneem en is op 20 Augustus 2019 borgtog geweier.

Dit nadat die lyke van Molokwane Mkgoro en die Lesotho-burger in ‘n veld gevind is. Die tweede DA-lid, Godfrey Mbalula, is in die Pelonomi-hospitaal dood as gevolg van die wonde wat hy opgedoen het.

Intussen sê ‘n familielid van een van die oorledenes, Mkgoro, se suster Elizabeth, wat saam met DA-lede die hof bywoon, sy hoop geregtigheid geskied en dat die drie beskuldigdes borgtog geweier sal word.

Daar word beweer die verdagtes het die drie slagoffers tereggestel. Een van die beskuldigdes is na bewering volgens inwoners ‘n familielid van die ANC-raadslid in die omgewing.

Verder beweer inwoners dat nog twee verdagtes tans op vrye voet is.

OFM-nuus/Elsabe Richard