E Copy

Date:

Byna skoutyd in Bloem!

Vanaf 25 April tot 4 Mei 2024 kan besoekers hulle gereed maak vir 10 dae van ’n miernes van bedrywighede, ’n verskeidenheid gehalte-uitstallers, ’n rekordvol landbouprogram, top vermaak, opwindende pretparkritte en lekker kuiers.

Volgens Bloemskou se Uitvoerende Hoof, Elmarie Prinsloo, het kaartjieverkope vir die Bloemskou reeds begin en wag talle besparings op diegene wat vroeg spring en kaartjies vooraf koop.

“Spesiale aanbiedinge maak ook deel uit van vanjaar se verjaarsdagvieringe,” sê Prinsloo.

Hier is hoe jy bespaar vanjaar:

  • Besoekers wat tot en met 24 April om 17:00 kaartjies aankoop, kwalifiseer vir spesiale afslag!
  • R10 afslag op toegangskaartjies! Die halfprysdag word hierin uitgesluit. Onthou, toegang tot Bloemskou gee gratis toegang tot die optrede van vermaaklikheidskunstenaars by Bloemskou.
  • Verdubbel die pretpark pretmunte! Vir R600 ontvang besoekers 48 in plaas van die normale 24 pretmunte. Die oorspronklike Computicket-kaartjie kan by die pretparkkantoor ingeruil word vir die pretmunte en is geldig vir enige dag van die skou!
  • R50 afslag op onbeperkte pretparkritte! Normale prys is R300, maar vir vooraf aankope tot 24 April, slegs R250! Die aanbieding is vir 29 April en 2 Mei en ritte is oop tot 21:00 op die dag. Beperkte voorraad. Die oorspronklike Computicket-kaartjie word by die pretparkkantoor ingeruil vir ’n armband-bewys op die dag.

**Vir pretparkkaartjies moet die bewys van betaling na ’n Computicket-verkoopspunt of na die Bloemskou-kantoor geneem word om die fisiese kaartjies te kry.

“Vanjaar is seisoenkaartjies ook beskikbaar met onbeperkte toegang oor die 10 dae van Bloemskou. Koste beloop R500 per volwassene en R250 per kind (6 – 17jaar).  Vier Pretpark-speelpunte word ook gratis per persoon ontvang,” sê Prinsloo.

Aansoeke kan slegs by die skoukantoor gedoen word en sluit op 15 April 2024. (Tel. 051-448-9894, info@bloemskou.co.za of besoek die skoukantoor op die skougronde, Curielaan, Bloemfontein)

Alle kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.computicket.co.za of by enige Computicket-kaartjiekantoor of die Bloemskou-kantoor. Toegangskaartjies kan tydens Bloemskou ook by die hekke gekoop word.

 

Saamgestel deur Justine Fortuin

Share post:

Popular

More like this
Related

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...