E Copy

Date:

Bulgaarse bederf in Bloemfontein

Die Bulgaarse virtuoos, Stefan Velkov, en die plaaslike Bulgaarsgebore sjef, Patso Nikolov van Gallery on Leviseur & 59Plenty, snoer op 16 November om 18:30 kragte saam in ‘n enigmatiese aanbieding van kos en musiek.

Konsertgangers kan verwag om meegevoer te word na ‘n wêreld van klassieke en kontemporêre kitaarspel, roerende intensiteit en diepliggende musikale uitdrukkingsvermoë.

Daarbenewens kan hulle hul verlustig in Velkov se passievolle vokale kuns, begelei deur sy eie kitaar- en klavierspel. ‘n Rosestad en ‘n Land van Rose – Bulgarye is een van die grootse roosolieprodusente met ‘n wêreldbekende jaarlikse rosefees.

Die vooraf-drankies en die eet- en drinkgoed ná afloop van die konsert word deur hierdie interkontinentale roostema saamgesnoer.

Kaartjies vir die geleentheid kos R250 vir volwassenes, R150 vir pensioenarisse, studente en kinders ouer as 12 jaar, en R100 vir kinders onder 12. Vir meer inligting en kaartjie-aankope kontak Mariaan by 073-227-6685, Werner by 084-583-3889 of Patso by 082-626-7606.

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...