E Copy

Date:

Budd beklink die 7de plek

RUFUS BOTHA

Bloemfontein – "Ek is deur ‘n dal van doodskaduwee." Dit was Zola Budd (Pieterse) se eerste woorde toe Bloemfontein Courant haar kort nadat sy Sondag die Comrades-marathon (89 km) voltooi het, gevra het om haar wedloop te beskryf. Ten spyte daarvan het Budd ‘n skitterende wedloop afgelê. Sy het atletiekkenners se stoutste verwagtinge (én haar eie) oortref toe sy sewende plek onder die skoner geslag losgehardloop het. Budd se doelwit was om onder 8 uur te hardloop.

Sy het voor die wedloop gesê ‘n silwermedalje (onder 7:30) sou ‘n bonus wees. Maar watwou, dié tenger atletieklegende met die hart van ‘n leeu, het in ‘n uitstekende 6:55:55 oor die eindstreep gehardloop. Die 48-jarige Budd het boonop die afdeling vir vroue 40 tot 49 jaar gerieflik gewen en nie een van die ander atlete wat onder die top-10 geëindig het, is ouer as 40 jaar nie. Sy het die 89 km teen ‘n gemiddeld van 4:40 per kilometer kafgedraf.

Courant wou by haar weet of sy deurgaans in die wedloop bewus was van die posisie wat sy beklee het? "Ek was heeltyd daarvan bewus dat ek onder die voorste tien vroue was, maar nie presies hoeveelste nie.

Dit was senutergend." Sy het bygevoeg dat sy met sowat 30 km om te gaan baie swaar gekry het en Courant wou weet of sy wou tou opgooi?

"Dit het vir seker verskeie kere by my opgekom toe my bloedsuikervlak my kwaai in die wiele begin ry het.  Ek het egter daaraan gedink dat ek my wedloop in die media opgedra het aan my vriend Pierre Korkie, wat in Jemen gevange gehou word deur Al-Kaïda. Dit het my laat deurdruk en ná sowat 20 minute en baie Coke, het ek begin beter voel en kon klaarmaak. Let wel, met baie seer bene."

Budd het die toeskouers en mede-atlete baie lof toegeswaai vir hulle ondersteuning: "Toe ek voel ek kon nie meer nie, het ‘n sekere Jorrie Jordaan (Pretoria) by my gekom en gesê ek (Zola) is al deur baie erger dinge as hierdie pyn. Dit het my uit daardie selfbejammering-mindset uitgekry."

"Daar was ook Ken Mwape (gebore Zimbabwier wat in Pretoria woon) wat die laaste sowat 25 km saam met my gehardloop het en my met sy aanmoeding baie gehelp het om die einde te bereik."

Budd, wat van meet af aan heelwat vinniger begin het as wat sy beplan het, het gesê: "Die pas (sowat 4:35 per kilometer) het oor die eerste 10 km baie gemaklik gevoel en toe besluit ek om voort te gaan daarmee." Die onselfsugtige Budd het boonop barmhartige Samaritaan gespeel langs die pad.

Sy het net na Winston Park (58,27 km-merk) een van die gunstelinge om die eerste Suid-Afrikaanse vrou te wees om die wedloop te voltooi, Charné Bosman (toe sesde) ingehaal toe laasgenoemde gaan lê het. "Ek was baie bekommerd oor Charné. Sy het nie goed gelyk nie. Ek het toe vir haar gevra of sy okay is, maar sy was duidelik nie. Ek het dadelik na mense lanks die pad toe gedraf en hulp ontbied. Gelukkig was daar ‘n ambulans in die omgewing en ek het gevra dat hulle dringend na haar moet omsien. Sy is in die hospitaal opgeneem en ek het later gehoor dat sy buite gevaar was", het Budd vertel.

Eleanor Greenwood (Brittanje) het die heerskappy van die Russiese tweeling, Elena en Olesya Nurgalieva, in die vroue-wedloop beëindig. Greenwood, wat ‘n puik berekende wedloop gehardloop het, het die sukkelende Russe met sowat 5 km einde toe verbygesteek om in 6:18:15 te seëvier. Elena (tweede, 6:23:18) was uiteindelik meer as vyf minute agter Greenwood en Olesya (derde, 6:23:18).

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...