E Copy

Date:

Brocor skenk weer aan Steyners

Die verhouding tussen Brocor Afslaers en die Hoërskool President Steyn versterk jaar ná jaar, te danke aan die jaarlikse veiling wat die afslaers reël ter ondersteuning van die hoërskool.

Die onlangse veiling het by Brocor in Spitskop plaasgevind, met die doel dat ’n deel van die wins van los, opgeveilde bates, weereens aan die Hoërskool President Steyn geskenk sal word.

“Dit is ’n veiling wat ons jaarliks doen,” het AJ du Plessis, die Hoof Uitvoerende Beampte van Brocor, vertel. “Die veiling is ten bate van die skool, en van die winste wat ons maak allokeer ons aan die skool as ’n borgskap.”

Volgens Du Plessis is daar samewerking met die skool wat lank al voortduur. “Ons verhouding is maar ’n ding wat oor die jare kom,” het hy vertel.

“Hierdie is ’n skool wat na aan Bloemfontein se harte lê, dit is ’n Afrikaanse plaasskool wat so bietjie finansiële bystand nodig het.”

Verder het hy vertel dat sy vennoot, Johnny Bateman, nog kinders by dié skool het, wat hul verhouding verstewig.

Du Plessis het vertel dat Brocor op baie maniere betrokke raak by die skool se fondsinsamelingsprojekte, soos hul jaarlikse Manne-aand, en dat hulle in die verlede selfs ’n skoolbus aan die Hoërskool President Steyn geskenk het.

“Ons doen gewoonlik hierdie veiling ’n bietjie nader aan die President Steyn Manne-aand,” het hy vertel, “maar ons het besluit om dit hierdie jaar so bietjie vroeër te skuif, maar dit is gewoonlik in aanloop na dit.”

Volgens Du Plessis is daar ook ’n sterk verhouding tussen hulle en die aanlynplatforms Meerkat Online Auctions, asook AuctionBids – ‘n afdeling van Agrimag, wat hulle in staat stel om hul veilings landwyd aan te bied en ’n groter kans gee om Hoërskool President Steyn te ondersteun.

“Ons het ’n groot liefde vir die landbougemeenskap,” het Du Plessis gesê. “Ons is baie betrokke by plaasveilings en die landboutoerusting wat saam met daardie plase gaan.”

Daarom is dit vir hom so belangrik om terug te gee aan ’n skool wat ’n soortgelyke liefde deel.

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

‘Text Me When You Arrive’ to tackle GBV through theatre and satire

A daring, satirical theatre production with the aim to...

Bloemfontein police seize crystal meth, mandrax in CBD

On Monday 7 July, an intelligence-led operation by Park...

Road closures towards Bram Fischer International Airport

The Bram Fischer International Airport has issued a notice...

More suspects to appear in UIF fraud case

According to the National Prosecuting Authority (NPA), more suspects...