Bring jou dierekind vir ‘n stappie

0
964

Nie net is Villa Avianto gewild vir hul Franse Mark nie, maar so voor die winter heeltemal op ons is, kan die gemeenskap hul vierpootkinders bring vir ‘n lekker stappie die komende Saterdag ,14 Mei.

Happy Tails Grooming bied hul heel eerste Doggy Walk by Villa Avianto aan. Of jy nou jou klein Yorkshire Terrier of ‘n reuse Bull Mastiff saambring, bied dit jou die geleentheid om bietjie kwaliteittyd saam met jou dierekind deur te bring en self ook aan jou 10 000 treë vir die dag te werk.

Vir jou en jou dierekind se veiligheid, maak seker dat jou woef op ‘n leiband is of ‘n harnas aan het.

Die stap begin om 09:00 en is gratis. Villa Café sal ook van 07:30 tot 13:00 oop wees vir ‘n lekker koppie koffie. Daar sal ook lekkernye vir jou hondekind te koop wees. Vir meer inligting kontak vir Lize Bezuidenhout op 082 322 4779.

Jeretha Oosthuizen

jeretha@mahareng.co.za