Brendan Venter vol lof vir Vrystaat rugby

0
591
MORGAN PIEK

Bloemfontein –  Sharks se nuwe direketeur van rugby, voormalige Springbok- en Vrystaatsenter Brendan Venter is glad nie verbaas dat die Vrystaat Cheetahs se skrum verlede naweek in hulle 15-14 nederlaag teen WP op ‘n nat Nuweland gesukkel het nie.

Hy het aan Courant gesê die terugkeer van Springbok-loskopstut Trevor Nyakane sal ‘n groot verskil aan die Bloemfonteiners se skrum maak.

Venter glo egter die verlies vir die Vrystaters se hele voorry aan die Springbokke, sal hulle goeie skrumwerk tydens die seisoen verswak.

Hy sê ook hy was tevrede met sy span se skrumwerk teen die Goue Leeus verlede naweek, maar weet die Cheetahs in Bloemfontein sal die Sharks deeglik toets.

Venter het ook baie lof vir die Cheetahs se agterlyn wat hy beskryf as baie gevaarlik en opwindend.

Vrydagaand se Curriebekerkragmeting tussen die Vrystaat Cheetahs en die Sharks skop om 19:10 af.