Brebner trots op eretoekenning

0
1327
Hoof van die Hoërskool Brebner, Andrew Taylor, met die eretoekenning aan Brebner as top-voederskool vir 2019 aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die Hoërskool Brebner het ‘n eretoekenning (platinum) as top-voederskool vir 2019 aan die Universiteit van die Vrystaat ontvang. Skoolhoof, Andrew Taylor, sê dat harde werk deur onderwysers en leerders hul resep vir 2018 was. Hy sê dat daar nie net na die slaagsyfer gekyk word nie, maar ook na die kwaliteit. “Ouers van Brebner is ook baie ondersteunend ten opsigte van hul kinders en die skool se programme.”

Taylor het aan Bloemfontein Courant gesê dit is die eerste keer is dat die skool die toekenning ontvang en dat die hulle die erkenning deur die UV waardeer.

“Die Hoërskool Brebner is baie trots op die feit dat 250 leerders van die 2018-Graad 12-klas kwalifiseer om verder te mag studeer aan ‘n hoër onderwysinstelling en sodoende die plaaslike universiteit, Kovsies, ondersteun. Ons is trots daarop om lojale Vrystaters te wees en ‘n positiewe bydrae te maak tot die gemeenskap.”

Dit is baie belangrik vir ‘n skool om erkenning te kry vir die harde werk van leerders en onderwysers, asook vir die ouers wat hul kinders ondersteun het. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za