E Copy

Date:

Brandweermuseum in Bloemfontein weer oop vir publiek

Die Mangaung-brandweermuseum maak sy deure oop vir die publiek om die geskiedenis van Bloemfontein se brandweerwaens te bekyk en te leer hoe om veilig te bly gedurende die kouer maande.

Die museum wat in 2003 gestig is, is ook die tuiste van die heel eerste robot wat in 1930 in die stad in gebruik geneem is is en steeds in ’n werkende toestand is. Die munisipaliteit het hierdie museum gestig vanweë die begeerte om die brandweerwaens en ryke geskiedenis wat daarmee verband hou, te bewaar in plaas daarvan om van al die waens ontslae te raak soos baie ander brandweerstasies gedoen het.

Verskeie brandblussers is by die museum te sien. Foto: Casey-Lee Anthony

Voor die Covid-19-pandemie het tot 10 000 besoekers jaarliks na die uitstallings kom kyk. “Ons het gewoonlik tot vyf skole per maand wat ons besoek, van voorskool tot laer- en hoërskool,” sê Patrick Senti, assistent-afdelingsbeampte.

Dit is Suid-Afrika se grootste brandweermuseum en lok besoekers van oor die land heen, asook van elders op die vasteland. Dit het meer as twaalf historiese brandweerwaens.

Die museum beeld die ryk geskiedenis van die verskillende brandweerwaens uit en leer besoekers ook van die geskiedenis van Bloemfontein en sy historiese geboue.

“Ons leer mense ook oor die gevare van brande in huise en wat hulle moet doen wanneer hulle in een vasgekeer word.”

Brandbestryders besoek dikwels die museum en skenk hul kentekens. Foto: Casey-Lee Anthony

Die brandweerstasie het in 2010 ook ’n span Belgiese brandbestryders opgelei.

“Die museum self vertel die geskiedenis en dit lei tot bewustheid vir nuwe loopbaangeleenthede,” sê Qondile Khedama, Mangaung-metro-woordvoerder.

“Die munisipaliteit kyk na hoe die museum verskillende inkomstestrome kan skep en dit is een gebied waarin die munisipaliteit uitblink, ongeag ander uitdagings wat ondervind word.”

Bel Senti by 082 220 1907, Braam Van Zyl by 084 818 9144 en Chris Van Der Walt by 082 378 6447 om ’n toer te reël.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...