Brandkop-Voortrekkers vier 30ste bestaansjaar

0
3784
Brandkop-Voortrekkers vier 30ste bestaansjaar.

Die Brandkop-Voortrekkerkommando van die Hoërskool Fichardtpark, het onlangs sy 30ste bestaansjaar gevier. Tydens die feesnaweek is ‘n groot fliekaand en potjiekoskompetisie gehou en entoesiaste kon deelneem aan die Naval Hill Parkrun. Die fees is afgesluit met ‘n seremonie in die skoolsaal.