Braaifeeskole smeul al

0
665
Dr. Nathan Bagarette

Die dag waarop die Rosestad wag, het uiteindelik aangebreek. Die jaarlikse Braaifees, wat deur Baobab Entertainment aangebied word, het inwoners aan die praat.

Sommige van die grootste name in die vermaaklikheidsbedryf is gereed om inwoners te vermaak. Emo Adams, Early B en ander groot name gaan saam met plaaslike talent optree. Die hoofdoel van die braaifees is steeds die bekamping van dwelmmisbruik in die Heidedal-gemeenskap. Die feesorganiseerders beoog om plaaslike kunstenaars te bemagtig en die geleentheid te bied om saam met die grootste name in die bedryf op te tree en ook werk vir gemeenskapslede te skep.

Dr. Nathan Bagarette, organiseerder van die geleentheid, sê almal is welkom en is ‘n dag vir familie en vriende om saam met hulle kwaliteit-tyd, goeie kos en goeie musiek te geniet. Die Braaifees vind hierdie Saterdag in die Clive Solomon-stadion plaas en hekke sal om 12:00 open. – Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za