Braaifees weer volstoom aan die gang

0
376
Die bekende musiek, The Rockets

Die jaarlikse braaifees wat deur Baobab Entertainment aangebied word, gaan vanjaar weer iets uit die boeke wees.

Met verskeie kunstenaars en ‘n paar verrassings in die mou, is dit beslis iets wat jy nie sal wil mis nie. Die fees vind op 14 Desember by die Clive Solomon-stadion in Heidedal plaas en belowe ‘n fees soos nooit tevore nie te wees.

The Rockets van Kaapstad, een van die mees suksesvolle musiekgroepe in die land, gaan hier optree. Kaartjies vir hul 50ste herdenkingkonsert by die Grand west Arena in Kaapstad was uitverkoop. Hulle het ook die SAFTA-toekenning vir die beste musiekuitstalling ontvang.

Een van die gewildste musiekgroepe in Bloemfontein, Simple Stories, sal ook te siene wees by die vertoning en beloof om mense op hul voete te hou. Lenthea Jantjies, PDA en vele ander kunstenaars sal optree. Maak seker jy mis nie vanjaar se braaifees nie.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za