Braaifees betrek die skoner geslag

0
167
Shanice May

Die tyd stap aan en inwoners tel die dae totdat die volgende Braaifees gaan plaasvind op 15 Desember. Die braaifees val ook in die ooreenstemmende tyd as 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, wat dit des te meer rede maak vir meer vroulike deelname. Volgens Wendall Derison, gemeenskapslid, is ‘n radikale facelift nodig vir die fees. “Ons het radikaal gevorder en besluit om te belê in ons vroulike kunstenaars.”

Zelnic Klaas

Die hoofdoel van die braaifees is steeds die bekamping van dwelmmisbruik in die Heidedal-gemeenskap. Die feesorganiseerders beoog om plaaslike kunstenaars te bemagtig en die geleentheid te bied om saam met die grootste name in die bedryf op te tree. Van die dames wat gaan optree is onder andere die bekende sangeres Doreen Philemon, die ewe talentvolle en geesdriftige radioaanbieders Laurika du Preez en Malishia Leeuw, een van die Vrystaat se voorste DJ’s wat onlangs by Macufe Pop Bottles gespeel het, Me Katleho Mothleko, beter bekend as Binnz. Gucinda Harmse, Zelnic Klaas, Shanice May (Top 16 Idols) en Zelnic Klaas gaan ook optree.
Die publiek kan hierdie naweek (Vrydag en Saterdag) twee kaartjies by Daisy se koffiewinkel koop en een gratis kry.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za