E Copy

Date:

Botsing eis pa en seun se lewens

‘n Jong seun en sy pa is vanoggend dood in ‘n botsing reg van voor op die N3 sowat 10km buite Warden in die rigting van Villiers. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Mmako Mophiring, sê ‘n vragmotor het omstreeks 03:00 in die rigting van Johannesburg gery. Die bestuurder van die vragmotor het ‘n ander vragmotor verbygesteek waarna hy vermoedelik beheer oor die vragmotor verloor het en teen ‘n aankomende sedan motor, met ‘n gesin in, gebots het. Mophiring sê ‘n 41-jarige man, sy vrou en hul 10-jarige seun was in dié motor wat in die rigting van Durban gery het. Die beseerde vrou is na die Thebe-distrikshospitaal op Harrismith geneem.

Die polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag. Volgens Mophiring het die bestuurder van die vragmotor geringe beserings opgedoen. Die name van die oorledenes is nog nie bekend nie. – Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Government launches campaign to combat child and teenage pregnancy

The Free State Provincial Government is taking decisive action...

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...