E Copy

Date:

Booswigte roof klerewinkel met nagebootste vuurwapens

‘n Speelgoed- en ‘n gasgeweer is gisteroggend in ‘n rooftog by ‘n klerewinkel in Thaba Nchu buite Bloemfontein gebruik.  Polisiewoordvoerder, Martin Xuma sê drie mans het die winkel omstreeks half-9 binnegestorm. Hulle het mense wat in die winkel was beveel om plat op die vloer te lê. Xuma sê die rowers het geld uit ‘n kasregister en ‘n kluis in die winkel en 13 selfone gebuit. Hulle het met ‘n blou Volkswagen Golf op die vlug geslaan. Niemand is in die voorval beseer nie.

Polisiebeamptes toevalling die sentrale besigheidsgebied in Thaba Nchu gepatrolleer het, het die wegkommotor agterna gesit. Xuma sê die motor het later gestop en vier mans het uitgespring. Een van die verdagtes, ‘n 28-jarige man wat die motor bestuur het, is op die toneel aangekeer. Xuma sê ‘n 24-jarige verdagte is by ‘n nabygeleë huis in hegtenis geneem. Daar is op ‘n onbekende bedrag geld, die selfone asook die speelgoed- en gasgewere beslag gelê. Die motor wat die rowers gebruik het om mee te vlug is ook gekonfiskeer.

Xuma sê die polisie soek steeds na twee ander rowers in verband met die voorval. Die verdagtes sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn. – Christal-Lize Muller

 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...