‘Boere moet sprinkane aanmeld’

0
254

Die Departement van Landbou en Omgewingsake, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê boere in die Noord-Kaap moet die departement in kennis stel van enige sprinkane op hulle plase.

OFM Nuus gee verslaag dat dit volg nadat swerms sprinkane die afgelope tyd in die provinsie opgemerk is.

In die Dawid Kruiper munisipale gebied is swerms sprinkane die afgelope drie dae in die rigting van Rietfontein in die Kalahari aangemeld.

Die departement sê boere moet die korrekte plaagdoders gebruik in ‘n poging om voëls en ander wilde diere nie in die proses ook te vergiftig nie.

Die swerms is kort ná onlangse swaar reën in die gebied gewaar.

OFM-nuus/Roderick Titus