Bo op hul bergfietse

0
980

Hierdie manne kan fietse trap dat die kettings kraak. Grey Kollege in Bloemfontein se bergfietsspan is in Magaliesburg gekroon as die beste bergfietsspan in die Vrystaat, Noordwes en Gauteng. Die Grey-span het aan die Super-skolereeks oor drie bene in Gauteng deelgeneem om met die louere weg te stap. Die span is van links, agter: E. Ezendam, E. Pienaar, D. Williams, C. Steenkamp, R. Maarsingh, N. Reyneke, J. van den Berg (afrigter), M, Fourie, CR Cronje, F. Annandale en H van Aswegen voor: JJ Swanepoel, B. Maarsingh en J. Marais.