BMX-jaers van oral oor in aksie in Bfn

0
514
RUFUS BOTHA

Verskeie van die land se voorste BMX-fietsryers onder die jonger geslag het Saterdag die Rosestad ingevaar om deel te neem aan ‘n promosie-jeugbyeenkoms wat by die Laerskool Wilgehof beslis is.

Jaers van sover as Kwazulu-Natal, die Oostelike Provinsie en Gauteng het die stof en hitte van die Rosestad kom beproef.

Courant het met die president van BMX Suid-Afrika, Margot Gerber, gesels: “Ons poog om hierdie soort promosie-byeenkomste in verskeie plekke in Suid-Afrika te begin. Ons doelwit is om die sport te laat groei en hoewel die groei postief lyk, kan dit vinniger gebeur,” het sy bygevoeg.

Een van die manne wat die oog gevang het met sy skitterende wedrenne was Alex Limbert (Alberton). Hierdie 17-jarige yster was onkeerbaar in sy ouderdomsgroep. Dit het nie as ‘n verrassing gekom nie, hy was in 2011 reeds die bste jaer in die land in die ouderdomgroep seuns 15-jaar.

Gedurende 2012, 2013 en 2014 het hy die Reënboognasie by die BMX-wêreldkampioenskap vertenwoordig. Hy was ook ‘n paar weke gelede vierde by die Olimpiese Spele vir jeugatlete in Nanjing (China).

Onder die plaaslike manne blyk die onder 15-jaer van die Hoërskool Fichardtpark, Tiaan Raath, se pad met rose besaai re wees.
Hy het Saterdag sy fiets meesterlik beheer en nie een wedren verloor nie.

Amos van der Schyff, Tiffany du Plessis en Alex Limburg kan ook tevrede voel met hulle vertonings. Hulle het skoonskip gemaak in al die wedrenne wat hulle aangepak het.