E Copy

Date:

Bly nou koelkop

Uit die oogpunt van beleggings, finansies en die ekonomie, het 2015 nie baie goed geëindig nie. Ongelukkig het 2016 geensins beter begin nie. Vooruitsigte vir 2016 lyk ook glad nie goed nie. Die laaste tyd kry ek heelwat navrae van beleggers wat leiding soek oor hoe om nou geld te belê, of wat om te doen met bestaande beleggings wat nie te waffers presteer het nie. 
Niemand kan die toekoms voorspel nie en dit is onmoontlik om 100% te voorspel wat markte in 2016 gaan doen. Wat ons egter wel weet, is dat finansiële markte nie van onsekerheid hou nie en dat onsekerheid tot volatiliteit lei. Ons kan op die oomblik sien hoe volatiel wêreldmarkte is en hoe senuagtig dit beleggers maak, en wanneer beleggers senuagtig word, neem hulle emosies hulle logiese denke oor. 
Wat moet jy as 'n belegger dan nou doen? Eerstens: bly koelkop. In plaas daarvan om nou jou belegging na 'n vaste deposito of geldmarkfonds te skuif, konsulteer eerder met jou finansiële beplanner en posisioneer jou belegging om voordeel te trek uit die geleenthede wat tydens onsekere marktoestande benut kan word en met die tyd waarde kan ontsluit. 
Kyk 'n bietjie na die geskiedenis. Daar was al heelwat tye waar onsekerheid geseëvier het en volatiliteit aan die orde van die dag was. Beleggers wat egter in dié tye by hulle beleggingstrategie gehou het, het op die lang termyn goeie opbrengste verdien. Beleggers wat tussen verskillende beleggings rondgespring het en die mark probeer time het, het waarde vernietig. 
Tweedens: daar is 'n sterk moontlikheid dat die rand op die kort termyn kan verstewig. Weer eens, niemand kan die toekoms voorspel nie en presies waarheen die rand op die kort termyn kan gaan, weet niemand nie. Moet dus nie dat jou emosies jou oortuig dat dit wys is om al jou geld nou buitelands te belê nie. Gaan gesels eerder met jou finansiële beplanner en hy of sy sal jou help bepaal wat 'n gesonde blootstelling aan buitelandse bates op die oomblik vir jou beleggersprofiel is. – Horace Terry
horace@nassaux.com

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung parks desperate for attention, maintenance

A post on the popular Mangaung Ratepayers Association's Facebook...

Tariff Hikes, service delivery concerns take centre stage at Mangaung budget talks

Stakeholders in Mangaung gathered at the Bloemfontein City Hall...

MMM working to get FS Stadium upgraded

In an effort to get the Free State Stadium's...

Residents left in muddy situation following weeks of rain

With the rainy season in full swing in Bloemfontein,...