E Copy

Date:

Blomtrein knars tot stilstand. . .

Aanhangers van Blomtrein, wat gisteraand die sanggroep se vertoning by Innie Skuur in Bloemfontein bygewoon het, kon hul oë nie glo toe die twee lede van groep na hul tweede liedjie van die verhoog gestap het en die vertoning as gevolg daarvan gekanselleer moes word.

Volgens een aanhanger, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het Jan Blohm later na die verhoog teruggekeer, maar die ander lid van die groep, Neil Nachtrein, was skoonveld.

Nachtrein het hom blykbaar vir Blohm vervies omdat laasgenoemde se optrede op die verhoog nie op peil was nie.

Blohm het later na die verhoog teruggekeer en die geskokte gehoor meegedeel dat Nachtrein uit die groep bedank het. Blohm het probeer om met die vertoning voort te gaan, maar was so geskok oor die gebeure dat hy later tou opgegooi het.

Volgens die aanhanger is dit nie heeltemal duidelik wat tot Nachtrein se optrede aanleiding gegee het nie, maar dit het Blohm duidelik onkant gevang.

“Dit was die weird-ste aand ooit. Die gehoor was verslae en ‘n paar mense het toe later self van Blomtrein se liedjies begin sing.

“Die bestuur van Innie Skuur het toe later aangekondig dat die vertoning gekanselleer is. Hulle het ook om verskoning gevra vir die aand se gebeure.”

Lede van die gehoor het vanoggend ‘n SMS-boodskap van Innie Skuur se bestuur ontvang waarin die bestuur om verskoning vra vir die sangers se optrede.

“Hoewel dit buite ons beheer was, is ons jammer oor die ongerief. Laat weet asseblief indien julle graag ‘n ander vertoning wil sien of stuur jul name dat ons reëlings kan tref vir die terugbetaling van jul geld,” lui ‘n deel van die bestuur se boodskap. – Pieter Delport

pieterd@mahareng.co.za

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Gear up for the MMM Freedom Day Half-Marathon

The Mangaung Metropolitan Municipality (MMM) in collaboration with the...

Heidedal Sports Council hosts successful Easter Festival

The Heidedal Sports, Arts, and Recreation Council hosted a...

Planned power interruptions in Willows and Rocklands this week

Residents from Rocklands and Willows will have a planned...

Three appear in court for trafficking 14-year-old

Members of the Bloemfontein-based Serious Organised Crime Investigation (SOCI)...