Bloemskou wys Tralies hoe om skaap te skeer

0
443
Leerders wat die immergewilde Skaapskeer-demonstrasies by Sentraal bygewoon het is van links Siya Nxagoni, Gabby Du Plessis en Nina Fourie. FOTO: SAZLY HARTZENBERG

Bloemskou bied jaarliks verskeie geleenthede aan om kinders meer te leer oor die omgewing, landbou en waar dit wat ons eet en dra vandaan kom. Die immergewilde Skaapskeer-demonstrasies is weer vanjaar in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging by vier skole in Bloemfontein aangebied.

Verlede week het Tralies die voorreg gehad om ‘n skaapskeerdemonstrasie by die skool by te woon.

Die demonstrasie het hoofsaaklik die skeer van skape, eers met die hand en toe met ‘n masjienskeerder, behels. Daarna is die twee skeermetodes in kompetisie met mekaar aangebied.

Die Tralies kon sien hoe Samuel Nkomoyi, wat al vier keer in die SA span was, skape met die hand skeer. Abel Notsi, wat al twee keer in die SA span was, het die masjienskeerder gedemonstreer. Lungani Maqakalana het die wol sorteer en daar was ook brei- en weefdemonstrasies.

Die nasionale skaapskeerkompetisie vind 29 en 30 April by die Bloemskou plaas.

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za