Bloemskou vier in 2023 140 jaar

0
1265
FOTO: Justine Fortuin

Die Bloemskou vier volgende jaar vanaf 27 April tot 6 Mei, 140 jaar in die skoubedryf. Ná ’n suksesvolle skou vanjaar, is die beplanning vir Bloemskou 2023 reeds volstoom aan die gang.

Die tema vir volgende jaar se Bloemskou is “Party Time”.

“Ons gaan besoekers verras met ’n program vol vermaak, 22 landbou-kampioenskappe, ‘n verskeidenheid van buite uitstallers, lekker kos en kuierareas en ’n splinternuwe aanslag op ons binne-uitstallers,” sê Elmarie Prinsloo, Hoof Uitvoerende Beampte by die Bloemskou.

Uitstallers-kategorieë sluit in eko-vriendelike oplossings, tuine, landskapsargitektuur, solar en water oplossings, hi-tec, audio, elektronies, toerusting, sellulêr en tegnologie, dekor, kombuise, badkamers, slaapkamers, meubels en kuns, buitelewe, kamp en DIY, klere, skoene, baadjies, bybehore, handsakke, hare en skoonheid, motors en motorbybehore en dan natuurlik die tradisionele fokus op kinders, heerlike kos, drinkgoed en eetgoed, koffie, gin, bier en alles wat lekker is.

“Ons skou uit die gemeenskap vir die gemeenskap. Deel gerus ook jou betrokkenheid en staaltjies van Bloemskou oor die afgelope 140 jaar met ons by info@bloemskou.co.za en 10 gelukkige deelnemers sal elk ‘n skoukaartjie wen,” sê Prinsloo.

Bloemskou 2023 – 140 jaar van skou met die beste vermaak, uitstallers, landboukampioenskappe en ’n uitstekende besigheidsgeleentheid.

Vir meer inligting kontak 051-448-9894 of besoek www.bloemskou.co.za.

Saamgestel deur Justine Fortuin