Bloemskou terug na twee jaar

0
2768
PHOTO: www.bloemskou.co.za

Na twee jaar is die Bloemskou uiteindelik terug en daar word met groot opgewondenheid uitgesien na vanjaar se skou.

Die skou sal van 27 April tot 7 Mei plaasvind.

Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte, Elmarie Prinsloo, kan hulle reeds bevestig dat die vermaakprogram propvol is met optredes deur bekende kunstenaars soos Elvis Blue, Karen Zoid, Snotkop, Spoegwolf, Early B, asook Lollos vir die kinders. Daar sal ook adrenalien-belaaide optredes wees soos FMX motorfiets-waagvertonings, BMX en skaatsplankdemonstrasies, liggaamsboukompetisie, ovaalbaan wedrenne en die eerste Polo-vertoning.

Sy vertel verder dat die landbouprogram ook opwindend is met ‘n ongelooflike 22 kampioenskappe van perde, skape en beeste; hiervan is 13 nasionale kampioenskappe. Die nasionale kampioenskap van die Jack Russell honderas sal ook aangebied word.

Besprekings van uitstalruimtes is oop en reeds 50% vol met navrae wat instroom. “Ten spyte van die stygende kostes en uitgawes, bring ons Bloemskou 2022 aan uitstallers en besoekers teen 2020 pryse”.

Skakel die Bloemskoukantore by 051 448 9894 of besoek die webwerf by www.bloemskou.co.za. vir meer inligting.

Saamgestel deur Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za