Bloemskou soek talent – eerste Bloemskou “Talent Search”

0
688

Bloemskou soek talent! Bloemskou in samewerking met Computicket, PACOFS en KovsieFM bied
vanjaar vir die eerste keer die Bloemskou ‘Talent Search’ kompetisie aan. Hierdie nuwe opwindende
kompetisie se doel is om nuwe talent te identifiseer en te ontwikkel. “Ons soek nie noodwendig net
sangers nie. Ons is op soek nuwe, vars talentvolle individue of groepe met enige vorm van talent – van
dans, drama, toertjies en sang tot instrumente of selfs kommediante”, sê Elmarie Prinsloo, Hoof
Uitvoerende Beampte van Bloemskou. Prysgeld van R10 000 is op die spel vir die wenner. Die tweede
prys is R5000 en die derde prys is R2500. Elk van die ander 7 finaliste sal ook R500 kontant ontvang.
Uitdunne vir die Bloemskou ‘Talent Search’ vind op 15 Maart 2014 vanaf 8:00 – 17:00 in die Andre
Huguenet Teater plaas. Deelnemers kan daar registreer en sal dan deur ‘n paneel van kundige
beoordelaars beoordeel word.
25 Semi-finalliste word op 15 Maart aangewys, wat dan op 16 Maart weer deelneem aan die tweede
ronde, waarna die 10 finaliste dan aangewys word. ‘YouTube’ videos van die 10 finaliste sal op die
internet gelaai word en die publiek kan vir hul gunstelinge stem.
Die vertoon en stem konsert vind plaas tydens Bloemskou op 24 April in die Pick n Pay Amfi Teater om
18:30, net voor die optrede van Locnville. Op hierdie dag (24 April) kan studente wat hulle
studentekaarte toon ook vir slegs R30 toegang tot Bloemskou kry. Onbeperkte pretparkritte is
beskikbaar teen slegs R100 (stampkarre en vierwiel motorfietse is uitgesluit). Die finale konsert vind
plaas op 26 April 2014 om 18:00 tydens die Bloemskou, waar die wenners aangewys sal word.
Die volgende basiese voorwaardes is van toepassing:
· Optredes mag nie langer as 5 minute wees nie.
· Geen orkeste word toegelaat nie, slegs “back tracks” en akoesties.
· Deelnemers moet tussen die ouderdom van 18 en 30jaar wees met geen professionele ervaring
nie.
· Finaliste moet op die geskeduleerde uitdunne- en optrede-datums beskikbaar wees. (15 en 16
Maart, 14 April, 24 en 26 April 2014).
Maak seker jy mis nie die geleentheid om jou loopbaan te begin nie. Bloemskou wil dit graag vir jou
moontlik maak. Meer inligting is beskikbaar by 051 448 9894 of op die webblad by
www.bloemskou.co.za . Epos navrae kan gestuur word aan info@bloemskou.co.za

Issued by Bloemskou