Bloemskou en Fun Carnivals-liefdadigheidsprojek

0
1679

Bloemskou gaan vanjaar die pretpark by Bloemskou meer toeganklik maak vir kinders wat nie so bevoorreg is nie.

Die Joy for charity-projek is hierdie jaar ‘n gemeenskapsprojek van Bloemskou, in samewerking met die Fun Carnival, wat die pretpark behartig. Op Dinsdag 24 April 2018 om 10:00 sal sowat 560 kinders toegelaat word om gratis, onbeperkte pretparkritte te kom geniet. 70 kinders van die Tswelang- spesiale skool sal ook in die pret kan deel en verversings kan geniet.

Die kinders wat so bederf gaan word, kom van kinderhuise uit onder meer Senekal, Welriedal, Merafong, Thusano, Winburg, Ringerstraat, Charlotte Theron, Esterhof, Maandblom, Pholoho, Ons Kinders, Therapea Kids, Amor, Bolokanang, Carpe Diem, Deo Juvante, Esperanza, Gardenia, Gedenk, Gladstone, Letsement, House of Compasion, Tshepang, President en Presidentia.

Kinders sal ook bederf word met ‘n mini-hondevertoning deur Buks-honde-eenheid, Flippie die nar sal ballonne uitdeel, ER24 sal ‘n 15 vertoning lewer oor veiligheid en die Grey College Gumbootdansers sal die kinders met ‘n item vermaak, terwyl hulle bederf sal word met lekker eetgoed en drinkgoed.

“Dit is ‘n voorreg om op so manier ook terug te gee aan die gemeenskap en ‘n glimlag op ‘n kind se gesig te plaas,” het Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van  Bloemskou gesê.

Besoek gerus www.bloemskou.co.za vir meer inligting oor vanjaar se Bloemskou wat op 26 April 2018 afskop.

Jeretha Oosthuizen

jeretha@mahareng.co.za