E Copy

Date:

Bloemskou 2012 skud vere reg

LANI FOUCHÉ

Die 128ste Bloemskou skop binnekort af en mik om vanjaar alle verwagtinge te oortref. Skougangers kan uitsien na hul gunsteling elemente van elke vorige jaar soos die pretpark, stalletjies, kos en landboutentoonstellings, maar talle nuwighede gaan ook vanjaar tot die skou toegevoeg word.

Die President van Bloemskou, Len Davies, is vanjaar nuut in die stoel, en sê hulle verwag dat ‘n rekordgetal besoekers vanjaar deur die hekke sal stroom. “Daar is elke jaar sowat 100 000 besoekers, maar ons glo dat die opwindende nuwe aanloklikhede wat by vanjaar se Bloemskou, die aantal besoekers deur die dak sal stoot. Dit is ook hierdie jaar bekostigbaar om die skou te besoek.”

Uitvoerende direkteur van Bloemskou, Elmarie Prinsloo, sê van dié nuwighede sluit in die besoek van die befaamde kunstenaar Hugh Masekela en ander, ‘n 4×4 Extravaganza, ‘n Idees-program vir vroue en opvoedkundige toere na die landboutentoonstellings.
 
“Daar is vanjaar 450 uitstallers en 40 kosstalletjies. Ons kan ook spog met die grootste kuns- en binnenshuisuitstallings ter wêreld. ‘n Mejuffrou Windmill Bloemskou 2012 word ook vanjaar vir die eerste keer aangewys.”
Die Bloemskou 2012 duur van 26 April tot 5 Mei by die skougronde in Bloemfontein.

Share post:

Popular

More like this
Related

Metro’s assets ‘not for sale’

The Mangaung Metro Municipality (MMM) has sought to allay...

Ramaphosa cautions employers on hiring undocumented workers

President Cyril Ramaphosa has cautioned employers that hiring undocumented...

SANRAL’s N1 upgrade in FS to improve road network, create jobs

The South African National Roads Agency SOC Limited’s (SANRAL)...

Mangaung gears up for the festive season

As the festive season approaches, the Mangaung Metro Municipality...