Bloemfonteinskole op toer

0
3450

Mark Steenbok

Die Aprilvakansie is weer tyd vir sportspanne van Bloemfonteinse skole om aan sporttoernooie regoor die land deel te neem. Courant kyk waar die onderskeie hoërskoolsportspanne hulself sal bevind oor die Maart/Aprilvakansie.

Hoërskool Sentraal (Tralies):
• Tralies se eerste rugbyspan sal reeds Dinsdag vetrek vir hul jaarlikse toer waar wat by die Hoër Landbouskool Oakdale plaasvind. Hulle sal omstreeks 18:00 op Donderdag 2 April teen die Hoërskool Belville in aksie sal wees en drie wedstryde op hul toer speel.
• Tralies se eerste netbalspan het reeds Woensdag vetrek het Waterkloof se Klofies-netbalfees. Hulle hoop om sukses te behaal by die toernooi wat ongeveer 114 spanne van 37 skole van regoor oor Suid Afrika trek. Die netbalfees het reeds gister afgeskop en sal tot 30 Maart in die Jakarandastad plaasvind.
• Die onderskeie seuns- en meisieshokkiespanne toer na Stellenbosch van 6 -9 April waar hulle ‘n kliniek sal bywoon en wedstryde speel.
• Veertien Tralie-atlete sal ook karakter by die SA Skolekampioenskappe wat hierdie jaar van 26-28 Maart op Rustenburg plaasvind wil wys.

Hoërskool Louis Botha:
• HTS Louis Botha se eerste rugbyspan vertrek Donderdag 2 April en sal
Saterdag (4 April) in aksie sal wees teen HTS Middelburg. Hulle skop reeds om 14:50 af. (Die ander twee wedstryde word by die rugbyfeestoernooi self bepaal).
• Twintig van Louis Botha se atlelete sal ook in aksie wees by die SA Skolekampioenskappe in Rustenburg van 26-28 Maart terwyl 22 atlete hier in Bloemfontein aan die ASA Junior en Jeug-kampioenskappe deelneem.

Hoërskool Grey-kollege:
• Die rugby- en hokkiespanne van Grey is slaggereed om van 2-6 April deel te neem aan Kearsney se rugby-en-hokkiefees waar hulle van die Donderdag tot Saterdag in aksie sal wees.
• Grey speel Donderdag teen HTS Middelburg en sal op Saterdag en Maandag onderskeidelik teen Kearsney en EG Jansen te staan kom.
• Die tennisspanne sal in aksie wees by die St Stitihians se Paasfeestoernooi van 1-4 April.
Höerskool Fichardtpark:
• Die Hoërskool Fichardtpark-rugbytoernooi sal plaasvind van 25-28 Maart op Fichardtpark se rugbyvelde.
• Fichies se netbalspanne sal van 26-28 Maart in aksie wees in Pretoria by die Hoërskool Affies.
• Atlete neem deel aan die SA Skolekampioenskappe in Rustenburg van 26 tot 28 Maart.

Hoërskool Bloemfontein (Bloemies):
• Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Bloemfontein het reeds op 25 Maart vetrek vir hulle toer na Potchestroom.

St Andrews:
• Die eerste hokkiespan neem deel by die o.18 Skool Hokkiefees by die Bishops Kollege in Rondebosch.

Oranje Meisies:
Vanaf 8 April tot 12 April sal die meisieshokkiespanne (0.18B, 0.16A, 0.14A) van die Hoër Meisieskool Oranje hier in Bloemfontein in aksie wees by die jaarlikse Elsie Coetzer-hokkietoernooi. Die eerste hokkiespan sal in aksie sal wees by die St Mary’s- hokkiefees waar hulle met 32 van hokkiespanne regoor die land sal meeding oor die vier dae.

Hoërskool Eunice:
• Die onder 14-hokkiespan reis na George vir die Outeniqua-hokkiefees van 7 tot 11 April.
• Elsie Coetzer-hokkietoernooi 8 tot 11 April.
• St Mary’s-hokkiefees 9 tot 12 April.
• St Andrew-netbalfees 9 tot 12 April.

Volg Bloemfontein Courtant deur die komende weke om op die hoogte te bly van die onderskeie sportspanne se wedstryde en hul resultate regoor die land.

Mark@centralmediagroup.co.za