E Copy

Date:

Bloemfonteinse predikantsvrou se troosdiens word Donderdag gehou

“Ek weet die Here is onmeetlik lief, nie net vir Corné nie, maar vir my en elkeen van ons hartsmense.”

Naasbestaandes en vriende neem Donderdag (14/3) om 13:00 by die Tevah-funksielokaal in Ferreira, Bloemfontein, afskeid van ’n predikantsvrou wie se lewe deur kanker kortgeknip is.

Ds. De la Harpe Le Roux van die Torings van Hoop-bediening se vrou, Corné (54), is Donderdag (7/3) in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic Bloemfontein oorlede ná haar stryd teen aggressiewe borskanker. Dit is in Oktober 2022 by die skilder en verpleegster gediagnoseer.

Le Roux sê in die traumatiese laaste twee weke van haar lewe waar elke dag ’n stryd was in die intensiewesorgeenheid, was hy, sy kinders en hul naby familie en vriende intens bewus van die Here se spesiale teenwoordigheid.


Corné Le Roux in 2022 besig met haar chemoterapie. Foto Facebook

“Ek weet die Here is onmeetlik lief, nie net vir Corné nie, maar vir my en elkeen van ons hartsmense,” sê hy. “Ek weet Hy het saam met ons gestoei en getreur. Ek weet dat haar aggressiewe kanker, wat so vinnig geloop het, en haar afsterwe daaraan, nie deur Hom gewil is nie. Maar ek weet ook, maak nie saak wat nie, God was ín die situasie. En dit dra my.”

Le Roux vertel van ’n herinnering van sy vrou wat hom troos. Hy sê dit was Woensdagaand 22 November 2023 by ’n borskankerondersteuningsgroep van Kansa in Bloemfontein. “Ek was eintlik uitstedig, maar het spesiaal vroeër teruggekom om haar te ondersteun met haar praatjie oor die reeks skilderye waarmee sy besig was sedert kanker by haar gediagnoseer is.”

Elke skildery beeld ’n vrou uit wat op die een of ander manier uitdrukking gee aan die Bybelsvers wat daarmee saamgaan. Elkeen beeld iets uit van die Here se teenwoordigheid in ’n gelowige se lewe – veral waar dit baie swaar gaan. “Sy het op die ou end elf sulke skilderytjies klaar geskilder, met die twaalfde een nog onvoltooid op haar esel in haar ateljee,” sê hy,

Een van Corné le Roux se skilderye. Foto: Facebook

Daardie aand het hy op die ingewing van die oomblik sy selfoon uitgehaal en haar praatjie afgeneem. Die klank kort beter versorging en die “kamerawerk” met die selfoon is nie altyd van die beste nie. Maar hy is vandag so bly dat hy haar wel opgeneem het, want nou het hulle dit.

“Ek is opnuut verwonderd oor hoe verskriklik spesiaal Corné was, nie net vir my, die kinders en ons familie nie, maar hoe sy op so verskillende maniere vir so baie mense so baie waarde toegevoeg het tot hul lewe.”

Haar eerlikheid, opregtheid, integriteit as mens, as gelowige, sal vir hom altyd voorop staan. Maar dis veral haar sagtheid, liefdevolheid (of dit nou kindertjies, diertjies, plante of mense wat swakker daaraan toe is) en die prioriteit wat sy altyd gemaak het met haar gesin, haar familie, haar hartsmense. Dit is waarin hy haar ál meer wil navolg.

Haar eerlikheid, opregtheid, integriteit as mens, as gelowige, sal vir hom altyd voorop staan. Foto:Facebook

“Omdat só baie van haar skilderye in die diepte van haar wese voor die Here gebore is, wil ek eerstens ’n register opbou van al haar werke en waar elkeen is; maar tweedens die boodskappe wat daar in die meeste is, laat voortleef om mense te verryk. As alles reg loop, beplan ek om voor die einde van die jaar ’n uitstalling van haar kuns te hou,” sê hy.

Hy beskryf die ondersteuning vanuit die gemeenskap as “eintlik oorweldigend”. Hy het boodskappe, oproepe, WhatsApps, Facebook-kennisgewings gekry, nie net uit Bloemfontein en die res van die Vrystaat nie, maar landwyd en selfs vanuit Amerika Engeland, Australië en elders in Afrika.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...