Bloemfonteinse man (CA) en pa van twee pleeg selfmoord

0
4577

Lani Fouché

‘n Bloemfonteinse man, wat ‘n bekende was in finansiële kringe, is gisteroggend dood naby sy huis in Woodland Hills Wildlife Estate aangetref.

Polisiewoordvoerder Chaka Marope het bevestig dat ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen word nadat Cobus Bruwer (CA) se liggaam Maandagoggend deur sy vrou aangetref is.

Bruwer, wat in sy veertigs was, het glo gisteroggend gaan draf, en toe hy nie huis toe gekom het nie, het sy vrou, Brichelle, gaan ondersoek instel.

Die polisie vermoed geen gemene spel nie. Hy het naby ‘n dam sowat 2km van sy huis af gesterf.

‘n Familielid het kort na sy dood op Facebook geskryf: “Jy was altyd so positief. Hierdie man wat altyd sy dag aan die voete van Jesus begin het…. Nou gaan jou 2 pragtige seuns sonder hulle Pappa grootword. Wie het kon dink dat ons jou vir die laaste keer sou sien op 5 Januarie.”

Bruwer het op die Woodland Hills Wildlife Estate se eienaarsvereniging gedien en het hoofsaaklik met die finansies gewerk.

Hy laat sy twee seuntjies, Daniel en Brink, en vrou, Brichelle, agter