‘n Bloemfonteinse dokter – wat ook ‘n verkragtingsklag in die Bloemfonteinse Hooggeregshof verdedig het – het sy lisensie om te praktiseer verloor.
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsraad het die algemene praktisyn, Spiros Theocharous, skuldig bevind aan onproffessionele gedrag nadat hy na bewering in Mei 2013 een van sy pasiënte seksueel aangerand het.
Theocharous het onskuldig op ‘n klagte van verkragting gepleit in die Hooggeregshof en sy aansoek om ontslagting was sukesvol. Tydens die verhoor het dit ook aan die lig gekom dat ‘n soortgelyke klagte Theocharous in die gesig gestaar het terwyl hy in die buiteland gepraktiseer het.
Hy het ‘n skulderkeningsboete betaal na ‘n klagte dat hy ‘n seksuele verhouding met ‘n minderjarige pasiënt gehad het. Vroeër vanjaar is hy deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsraad skuldig bevind en sy naam is van die register vir mediese praktisyns geskrap. – Cathy Dlodo
cathy@centralmediagroup.co.za
Date: