Bloemfonteiners skrik op lyf gejaag oor berigte van vliegongeluk

0
Bloemfonteiners skrik op lyf gejaag oor berigte van vliegongeluk

LANI FOUCHÉ

Inwoners van die Bainsvlei-gebied buite Bloemfontein is vandag die skrik op die lyf gejaag toe nuus versprei het dat ‘n vliegtuig geval en aan die brand geslaan het op die Abrahamskraal-pad.

Owerhede op die toneel kon egter bevestig dat dit ‘n vals alarm was, en dat daar slegs ‘n grasbrand woed. ER24-nooddienste, polisielede, brandweerlede en verteenwoordigers van die Lughawensmaatskappy ACSA was vanmiddag tussen die vlamme op soek na helikopter- of vliegtuigwrakstukke, maar het op niks afgekom nie.

Die Mangaung-brandweerdienste se Braam van Zyl sê valse inligting bemoeilik hul werk.  "Dit gebeur soms dat mense vals inligting deurgee om nooddienste vinnig by ‘n brand te kry. Veral met grasbrande waar dit oor groot areas versprei isen tien of twaalf huise gelyktydig bedreig word. Maar want vandag presies gebeur het, weet ons nog nie."

Hy het die omliggende boere en inwoners geloof vir hul spoedige bystand om die vlamme te blus.

No posts to display