E Copy

Date:

Bloemfonteiners seëvier in veerpyltjies

Veerpyltjiespelers van Bloemfontein en Kimberley het mekaar goed opgekeil op die Promof Kika-toernooi, wat in die Diamantstad plaasgevind het.

In die spankompetisie het die Rooies van Bloemfontein met die louere in die vroue-afdeling weggestap, maar die Vatikaki-span van Kimberley het die bordjies in die mansafdeling verhang.

In die enkelspel en dubbelspel het die Bloemfonteiners koning gekraai, toe Amanda Fourie onder meer met twee titels weggestap het.

Die uitslae is:

Spankompetisie:
Mans – 1. Vatikaki (Kimberley), 2. True Luck (Bloemfontein) in die eindstryd. Vroue – 1. Rooies (Bloemfontein), 2. Angels (Kimberley).

Dubbelspel:
Mans – 1. Pieter Fourie en Danny Griesel (Bloemfontein), 2. Jaco Fourie en Eddie Esterhuizen. Vroue – 1. Amanda Fourie en Carien Els (Bloemfontein), 2.
Amelia de Lange en Debbie Barnard (Kimberley).

Enkelspel:
Mans – 1. Kerneels Mostert (Bloemfontein), 2. Pieter Fourie (Bloemfontein). Vroue – 1. Amanda Fourie (Bloemfontein), 2. Meisie Brits (Bloemfontein).

180’s: Jaco Fourie (2, Bloemfontein), Francois du Preez (2, Kimberley), Herbert Plaatjies (1, Kimberley), Jaco Jacobs (1, Bloemfontein), Surech Kika (1, Kimberley), Greg van Breda (1, Kimberley) en Johan Botes (1, Kimberley).

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...