Bloemfonteiners genooi na gholfdag

0
253
PHOTO: iStock

Bloemfonteiners word uitgenooi om die komende feestyd sowat 500 behoeftige gesinne te help deur deel te wees van die Charity-gholfdag wat deur die Guardian and Angel, ‘n nie-winsgewende organisasie, en Round Table gehou word.

Volgens Hester Bekker, uitvoerende hoof van Guardian Angel, besef hulle dat almal in hierdie stadium swaar trek weens die inperkings, maar desondanks graag fondse wil insamel om gesinne oor die feestyd by te staan met kospakkies.

Sy het ook aan Bloemfontein Courant vertel dat hulle vier jaar gelede ‘n gholfdag gehou om fondse in te samel vir 60 behoeftige kinders om dit moontlik te maak vir hulle om op ‘n see-toer te kon gaan.

“Round Table kry ‘n gedeelte van die fondse kry omdat hulle ook baie doen onder die behoeftige gemeenskap. Die geld word ook gebruik om kos aan te koop in noodgevalle,” sê Bekker. “Fondse gaan ook aangewend word vir die Kersprojek.”

Spelers staan ook ‘n kans om hierdie jaar ‘n prys te wen vir die beste natgat of setperk.

“Ons vra al die gholfspelers daar buite, nooi jul vriende en kom geniet ‘n lekker gholfdag. Dit is vir ‘n goeie doel. Ons is altyd dankbaar vir borge om by te dra vir pryse vir die dag.”

Die Charity-gholfdag vind op 14 Oktober by Bloemfontein Gholfklub plaas. Spelers of besighede kan hulle ondersteun deur 4 balle, nat gate en droë gate te koop.

Kontak Bekker by 072 423 6277 of hesterbekker25a2gmail.com vir meer.

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za