E Copy

Date:

Bloemfonteiners gaan Afrika Spele toe

Vyf Vrystaat krieketspelers is gekies as deel van die Suid-Afrikaanse mans- en vrouespanne wat gaan deelneem aan die 13de Afrika Spele in Ghana. Die Spele begin op 3 Maart in Accra, en krieket word vir die eerste keer by hierdie uitgawe van die Spele gespeel.

Die spelers van Bloemfontein wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig is die bouler Dylan Bester en kolwer Nathan Roux, altwee van die Universiteit van die Vrystaat, asook Orapeleng Motlhoaring en Jason Raubenheimer, altwee boulers van die Sentrale Universiteit van Tegnologie, Bloemfontein.

Nathan Roux, Trevor Raubenheimer, Dylan Bester, en Orapeleng Motlhoaring is deel van die Suid-Afrikaanse krieketspan wat gaan deelneem aan die Afrika Ope. FOTO’S: FACEBOOK

Miané Smit, onderkaptein van die Vrystaat vrouespan is as deel van die Suid-Afrikaanse span ingesluit.

Altwee spanne speel onderskeidelik in Groep A. Die mans sal teen die Spele se gasheer Ghana, Kenya, en Uganda te staan kom, terwyl die vrouespan ’n moeiliker roete na die uitkloprondtes het. Hulle speel teen Tanzanië, Nigerië en Namibië.

 

SA Mans Span:
Dylan Bester (UFS), Hardus Coetzer (NWU), Lehan Botha (SU), Ethan Frosler (NMU), Maahir Joseph (SU), Raps Motlhoaring (CUT), Lifa Ntanzi (UJ), Mini Ntobela (NWU), Heinrigh Pieterse (NWU), Jesse Prodehl (UWC), Jason Raubenheimer (CUT), Nathan Roux (UFS), Lwando Tywaku (UWC), George van Heerden (SU) and Aphiwe Yako (UP)

SA Vrouespan:
Nobulumko Baneti (Hollywoodbets Dolphins), Jemma Botha (Western Province), Annerie Dercksen (Six Gun Grill Garden Route Badgers), Jenna Evans (DP World Lions), Gandhi Jafta (Fidelity Titans), Leah Jones (Western Province), Simone Lourens (Fidelity Titans), Karabo Meso (DP World Lions), Seshnie Naidu (Hollywoodbets Dolphins), Kayla Reyneke (Western Province), Nondumiso Shangase (Captain) (Hollywoodbets Dolphins), Miané Smit (Recon Tactical Free State), Faye Tunnicliffe (Western Province), Jané Winster (Six Gun Grill Garden Route Badgers), Caitlin Wyngaard (Western Province)

 

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...